Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc 

Skryfsels/ Diverse Writings

 

Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde

 

BALKIEEEEEE: UITTREKSELS UIT DIE ROOIROSES: 1993 - 2005

 

27 Januarie 1993

24 Februarie 1993  

"Hoekom skreeu jy so?” vra ek. “My ore pyn sommer. Vir wat kyk jy so na my?”

Maar niemand sê ‘n woord nie. Hulle kyk net.

“Jy kan praat,” sê Bert dan met ‘n hees stem.

“Natuurlik kan ek praat,” sê ek, “en as julle lekker kos by die huis het, sal ek saam met julle gaan.”

26 Januarie 1994

Nadat ek per ongeluk een van Karien se kouse opgesuig het, het die ma gesê sy sal verder stofsuig. Ek kan mos nie help as Karien nie haar kouse optel nie! Die stofsuier suig nie net stof op nie – nee, o nee. Hy suig ALLES op.

28 Junie 1995

“Nou maar goed,” fluister die reus. “Niemand het nog ooit vir my gevra of hulle die hennetjie mag leen nie. Almal wil net altyd die hennetjie steel.”

“Wat sê jy, hennetjie wat die goue eiers lê?” vra ek. “Sal jy omgee om ‘n week lank vir ons goue eiers te lê?”

“Pik –pik-pêk,” sê die hennetjie. “Dis goed so, maar ek wil nie in ‘n hokkie bly nie.”

“Jy kan by my in die bed slaap,” sê ek. “Ek sal jou nooit in ‘n hokkie sit nie.”

1 Mei 1996

“Sjuut,” sê die krokodil.

“Hm?” sê ek.

“Wil jy hê SY moet WEER kom?” vra die krokodil.

“WIE is SY?” vra ek.

“SY,” sê die krokodil. “Die een wat netnou hier onder die bed ingeloer het.”

“O,” sê ek,” jy bedoel DIE MA!”

16 April 1997

"Kan pa my geld leen as ek nie genoeg het nie?” vra Isak.

“Ek is VERSKRIKLIK dors,” sê Bert.

"Ek wil ‘n GROOT legkaart met BAIE stukkies hê,” sê Karien.

“En ek wil TWEE ROOI vetkryte hê,” sê ek. “Ek hou BAIE van ROOI!”

4 Maart 1998

Die koningin het ELKE dag vir die bord gevra wie die OULIKSTE IN DIE HELE LAND WAS – en weet julle wat sê die bord dan?

JA! DIS REG! Hy sê: “BALKIE IS DIE OULIKSTE IN DIE HELE LAND!” En dan word die koningin so kwaad, sy spring sommer op en af en stamp haar kop teen die muur van pure woede.

8 Desember 1999

5 Julie 2000

“Hallo, Frederik die Smalsnoet. Ek is Balkie ... eh ... die Balkie.”

“Hallo, Balkie ... eh ... die Balkie,” sê Frederik die Smalsnoet.

“Nou wat maak jy hier as jy nie die tandmuis is nie?” vra ek.

“Die tandmuis is al oud en sy kan nie meer so ver loop nie ... ARGHHH,” gil Frederik en duik onder die bed in.

Maart 2001

“Waar’s jou, kwaak, stewels?” vra keiser Friedpadante.

Ek kyk na my voete. “Ek weet nie, kwaak,” sê ek.

“My skoene, kwaak, is ook weg,” sê keiser Friedpadante.

Hoekom wil paddas skoene aantrek?Ha-ha!! lag ek in my binneste. Paddas het mos paddavoete.

Junie 2002

Die Balkie gluur professor Malhasius aan. Hoe DURF hy na hom wat Balkie is as “die simpel Balkie” verwys? Maar hy sê niks nie. Miskien het hy klaar te veel gesê.

Junie 2003

“Ek is ‘n Balkievoëltjie,” skreeu ek. “Dis EK, Balkie, maar ek is nou ‘n voëltjie.

Die voëltjies staar na my en skud hulle koppies.

“Dinge is ook nie meer soos in die ou dae nie,” sug die enetjie.

“Ja,” stem die ander een saam: “Deesdae dink ENIGEEN hulle kan vlieg. Daar behoort ‘n wet teen te wees. Netnou het ons vlieënde bome en huise en ek weet nie wat alles nie nie in die lug. Dit sal ‘n groot gemors wees.”

Ek glimlag net. Ek kan mos vlieg as ek wil.

Augustus 2004

“Haai, Balkie! Wat doen jy?” vra die pa-monster verstom.

“Ek kyk in Roelf se oor om te sien wat hy droom, die Pa-monster,” sê ek.

“Huh?” Die pa staar my aan. “Ek is nie ‘n monster nie,” sê hy.

OEPS. “Nee, die pa is nie ‘n monster nie, die pa praat net soos die monster agter my oor,” verduidelik ek.

April 2005

“Dit help nie jull OEFEN as julle nie ‘n PLAN het nie,” sê ek verontwaardig.

“Watse plan?” wil Violi weet.

“Musiek het ook ‘n plan,” verduidelik ek. “ ‘n WYSIE. ‘n Wysie is soos ‘n PLAN wat jy speel. Elkeen kan mos nie net speel soos hy lekker kry nie.”

Desember 2005