Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc.Skryfsels/
Diverse Writings
Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde

 

BENEDIKSIE 

      (Naaswenner in Vonkfiksiekompetisie van DE KAT/ Human & Rousseau: opgeneem in: Vonkfiksie (Human & Rousseau, 1999) 

 

Oom Ben het ‘n snaakse hand gehad. “Artritis,” het die dokter gesê. “‘n Bedelaarshand,” het oom Ben gesê. “‘n Operasie sal dit regmaak,” het die dokter gesê. “Ek sal daarmee saamleef,” het oom Ben gesê.  

Sy hand was hol, kromgetrek soos ‘n uitgeholde kalbas. Lekker om uit te drink, het ek gedink toe ek kleiner was. So ‘n altyd-daar koppie.  

Oom Ben was lief om jou so ‘n kloppie op jou skouer te gee. Net so rakelings met die buitelyne van sy hand. Sy palm was weggesteek in die rondheid van sy hand.  

Hy was lief vir musiekkonserte. Ek het dikwels saamgegaan. Na die opvoering het hy hartlik en met oorgawe applous gegee. Geluidloos.  

Dit was oom Ben. Hy was ‘n gewer. Hy het uit die holte van sy hand gegee. Soos die weduwee se kruik was sy hand. Altyd vol. Dis hoekom ek nooit kon verstaan dat hy dit ‘n bedelaarshand genoem het nie.

Later het ek dit verstaan. Die dokter het gesê dit was uitsonderlik. Ek het dit self gesien. Sy hand was reguit, plat. Albei van hulle oor sy bors gevou. Sy grys oë vir altyd toe.

Maar daardie leë hand het sy laaste seën op my kop gelê.  

(ongeredigeer) 

Terug na/Back to 

Skryfsels/Diverse Writings