| Tuis/ Home | Martie |
| Jamie& Sebastiaan | Boeke/ Books | Skryf? Hoe?/ Creative writing |
| Ens./Etc. |
| Boekplekke/ Book Places | Kanja die Derde |
Pharos 5 In 1 Dictionaries / Woordeboeke
R355.95
(eB 3560)
Delivery time: Usually within 5 working days.
Product details
Format: CD Rom
bus´y, (v) (busied), jou besig hou, jou bemoei; (a) besig, onledig; woelig, bedrywig, in die weer, doende, doenig; beset; he is as |busy ~ as a BEE, hy is hard besig; GET |busy ~, aan die gang raak (kom); |busy ~ HOUR of the day, spitsuur van die dag; the busiest men have the most LEISURE, hoe besiger, hoe meer tyd; hoe besiger die mens, hoe meer vrye tyd maak hy; be VERY |busy ~, druk besig wees; |busy ~ WORK SCHEDULE, besige (besette) werksprogram; |busybody ~body, (..dies), bemoeial, albedil, bedilal; kwaadstoker; |busyness ~ness, besig wees; besetheid; woeligheid, lewendigheid, drukte.
besig aan/met iets besig wees be busy at/with s.t. ŕmet;; baie/druk besig wees be very busy; be tied up; hy is baie/druk besig, (also) he has his hands full; iem. bly 'n jaar/ens. met iets besig s.o. takes a year/etc. over s.t.; hard met iets besig wees be in the throes of s.t.; hy hou hom besig deur te — he amuses himself by …; hy hou hom met — besig he busies/occupies himself with …, he keeps himself busy with …; hy hou hom so 'n bietjie met iets besig he dabbles in s.t.; iem. baie/druk besig hou keep s.o. very busy; tie up s.o. (fig.); lank met iets besig wees take long over s.t.; lank met iets besig bly, (also) linger over s.t. (e.g. a task); met iets besig wees be (in the act/middle/process of) doing s.t., be at work on s.t., be occupied in/with s.t., be engaged in s.t.; go about s.t.; work (away) at s.t.; terwyl jy (daarmee) besig is while you are about/at it; terwyl hy daarmee besig was, het hy — in the process he …; verskriklik besig wees be terribly busy, be rushed off one's feet §; waarmee is jy besig? what are you about/doing?
bea·ver n.: eager beaver ~ ŕeager. beaver v.: beaver ~ away hard swoeg, voortswoeg; beaver ~ away at s.t. hard aan iets swoeg, hard/fluks/ywerig aan iets werk (of met iets besig wees), met iets voortswoeg.
gang1, (s), =e. 1. Manier van gaan (te voet), loop, tog. 2. 'n Rybeweging van 'n perd, trippel. 3. Deel van 'n huis. 4. Onderaardse weg (myn). 5. Handelwyse, gedrag. 6. Drukgang of langerige, nou inperking om diere te vang of te behandel. 7. Vooruitgang. 8. Snelheid. 9. Skeur in 'n rotslaag wat met ander materiaal gevul is. aan die gang, besig; op jou eie gang aangaan, werk sonder om na die raad van ander te luister; aan die gang bly, besig bly; gaan jou gang, maak wat jy wil doen; iem. sy gang laat gaan, hom laat doen wat hy wil; op gang kom, begin koers kry; kry jou gang, loop; aan die gang kry, laat beweeg; handelend laat optree; die gang van sake, die verloop van sake; aan die gang sit, aanskakel; laat loop; laat werk; in volle gang wees, besig wees; aan die gang wees, besig wees.
ywerig, vol ywer, volywerig, fluks, vlytig, lus vir werk, werklustig, nywer (ong.), hardwerkend, arbeidsaam, werksaam, werkende, werkdadig, besig, bedrywig, druk, druk besig, doenig, aan die gang, aan die werk, aan't werk, aan die swoeg, aan't arbei(e), aan die spook, studieus, aktief, volhardend, toegewy(d), konsensieus 612, nougeset 612, geesdriftig, onvermoeid, energiek, lewenslustig, vol lewe, lewendig, vitaal, wakker, op en wakker, onverdrote (ong.), onverfloud (ong.), naarstig, naarstiglik, noeste, volhoudend, vurig, vol vuur, vuur en vlam, entoesiasties, dinamies, daadkragtig, daadlustig, kragdadig, lewenskragtig, iewerig (ong.), ambulant
handelend, doenig, doende, besig, druk, druk besig, onledig, rusteloos, ywerig, fluks
werkend, in diens, geëmplojeer(d), werksaam, selfwerksaam, hardwerkend, arbeidsaam, arbeidsintensief, werkbaar, outomaties, funksioneelwerk, arbei, werk doen, verrig, werk verrig, werk hę, werksaam wees, jou dagtaak verrig, 'n pos beklee, 'n amp beklee, in die amp staan, 'n beroep beoefen, diens doen, 'n diens verrig, ageer, werskaf, woel en werskaf, hard werk, sweet, swoeg, swoeg en sweet, sloof, afsloof, peuter, vroetel, uitrig, uitvoer, iets te doen hę, werksaam wees, besig wees, bedrywig wees, jou besig hou met, beywer, beur, vorentoe beur, beoefen, uitoefen, boer, prakseer, bewerkstellig, teweegbring, teweeg bring, teregbring, tot stand bring
jou met beuselagtighede besig hou; jou met kleinighede besig hou
'n taal besig,