| Tuis/ Home | Martie |
|
Jamie& Sebastiaan |
Boeke/ Books |
Skryf? Hoe?/ Creative writing |
| Ens./Etc. |
|
Boekplekke/ Book Places | Kanja die Derde |

losnetaldiewoordevoormynaamennadieadresuitomdieadrestekrydiewoordeisbedoelomdiewebs
pinnekoppewateposadresseoptelvirspammersmartie@martiepreller.co.zatefnuik
indien jy meer inligting soek oor een van my boeke.
e-mail me at
justleaveoutallthewordsinfrontofmynameandaftertheaddresstheyaremeanttoout smartthewe
bspidersthatsearchforemailadressesmartie@martiepreller.co.zathatspammersmisuse
if you need more information about anything on the website
Ek is op Potchefstroom gebore - altans - my lyf is daar gebore en het daar grootgeword. Mens se kop/siel/gees - dit of wat jou ook al uniek jy maak, swerf mos maar orals rond - deur al die boeke wat jy lees - deur al die mense se lewens wat jy ken en ontmoet en van hoor, deur alles wat met jou gebeur en wat jy laat gebeur, waar jy is en nie is nie.
Ek het op Potch tale geswot en 'n onderwysdiploma en gaan skoolhou. Hoofsaaklik Latyn gegee, maar ook Engels. Ek is getroud, het drie kinders gehad en is geskei. Later het ek nog 'n "kind" gekry. Soort van. Soms word wat lyk soos 'n doodloopstraat 'n baldadige hartpad. Ek begin daar êrens by 40 jaar skryf - wat ek nog altyd wou doen en te bang was om te probeer. (Eers swot ek Sielkunde - want sê nou ek kan nie skryf nie? Is ek nou mal om te dink ek kan skryf 'n lewe maak?)
My kinders en kleinkinders is vir my 'n heerlikheid. Augustinus het gesê die liefde is soos 'n klip: dit hou jou op die grond. Kinders is soos klippe. Hulle hou jou op die grond, anker jou in die lewe self. Dis ook een van die redes waarom ek hoofsaaklik vir kinders geskryf het en nog skryf. Kinders is plat op die aarde, nie êrens op 'n plek waar hulle dink hulle behoort te wees nie, en hulle weet nog dat hulle vlerke het. Ons is aardsgebonde, maar ook onbeperk, dink ek.
Ek het 'n wye verskeidenheid goed geskryf. Meeste is gepubliseer, maar ek het ook 'n laai vol van daai soort skryfsels wat mens nie mee raad het nie en ook nie wil laat gaan nie.
Curriculum vitae? Die verloop van 'n lewe? Met die klem op loop. Ons reis deur 'n lewe en boeke is net reisjoernale van plekke waar ons was en wat ons deel met ander medereisigers.
SKOOLOPLEIDING
Laerskool Mooirivier en Hoërskool Gimnasium op Potchefstroom
AKADEMIESE KWALIFIKASIES
1969: BA (cum laude) Hoofvakke: Engels en Latyn Potchefstroomse Universiteit
1970: Universiteitsonderwysdiploma (cum laude) Potchefstroomse Universiteit
1988-1990: Sielkunde I, II en III (cum laude) UNISA
1991: Honneurs Sielkunde (cum laude) RAU
ONDERWYSERVARING
1971-1972: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom (Latyn & Engels)
1973: Hoërskool Fakkel, Johannesburg (Latyn & Engels)
1974: Hoërskool Randburg, Randburg (Engels) (een kwartaal)
Privaat Engels- en Latynklasse
SKRYFKURSUSSE
Korrespondensie-Skryfkursus
In Februarie 2000 het ek 'n skryfkursus gekonseptualiseer vir aspirant-skrywers in alle genres. Die kursus het sentreer rondom die maak van 'n storiekern wat aangepas kan word om aan die vereistes van enige genre, hetsy prenteboeke, jeugverhale, draaiboeke of watter genre ookal te voldoen
Die Korrespondensie-Skryfkursus (via e-pos, faks of slakkepos) het beskik oor verskeie modules wat studente teen hulle eie pas kon voltooi. Studente het persoonlike terugvoering en aanmoediging na die voltooiing van werkopdragte gekry.
Dit was uiters prakties en gemik daarop om iemand aan die skryf te kry en aan die skryf te hou. Dit het ook geleentheid vir selfontwikkeling en die ervaring van kreatiewe skryf as selfterapie gebied.
Een- of Tweedagse-storiemaakwerkswinkels
Gedurende 2000-2004 het ek ook dertien persoonlike en interaktiewe storiemaakwerkswinkels vir Afrikaanse en Engelse aspirant skrywers regoor die land aangebied. Hierdie werkswinkels het gekonsentreer op die kern van die inhoud van die Korrespondensie -Skryfkursus, naamlik dat die skrywer gesien word as die bron van sy/haar eie stories en daarom het dit ook moontlikhede tot selfverkenning en die ervaring van die terapeutiese waarde van skryf gebied.
Die terugvoering van persone wat die kursus en die werkswinkels meegeloop het, was besonder positief.
Weens my eie druk skryfprogram het ek besluit om die Korrespondensie-Skryfkursus teen die einde van 2001 te beëindig.
In 2003 loop my ervarings van skryf en die deel daarvan met ander via die internetkursus en die werkswinkels uit op die publikasie van
Eendag was daar ‘n storie – ‘n Praktiese Storiemaakkursus. (Tafelberg)
VERTAALWERK
1998: Die GRAFFIX-reeks (3 boeke) vertaal uit Engels in Afrikaans vir Human & Rousseau
UITKOMSGEBASEERDE STUDIEHANDLEIDINGS
2001: Die verwerking van volwasse beroepsgerigte studiemateriaal vir The Learning Network.
PUBLIKASIES
1990: Die wind sal weet (Tafelberg) Vier bydraes
1992: Jy en die draakakkedis (J.L. van Schaik)
1992: You and the dinosaur (J.L. van Schaik)
1993: Jy en Hercules (J.L. van Schaik)
1994: The Friendly Elephant (Hodder & Stoughton)
1994: Daar's 'n spook in my kas (Human & Rousseau)
1994: Nicola B: Streng Privaat (Tafelberg)
1994: Jy en Toetenkat (J.L. van Schaik)
1994: Anderkantland (Tafelberg)
1994: Van die banke op die planke (Kagiso) Een bydrae in dramabundel vir kinders
1995: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen (Human & Rousseau)
1996: Tersia Thom 1: Vriend of vyand (Tafelberg)
1996: Tersia Thom 2: Die Donkerhoek-driehoek (Tafelberg)
1996: Tersia Thom 3: Skerwe in drome (Tafelberg)
1996: My naam is Alexander en wat daarvan? (Kagiso)
1996: In die tyd van die Esob (Tafelberg)
1997: Op die spoor van die Lesea-vanger (Juta)
1997: Droomvangers (Human & Rousseau)
1998: Tersia Thom 4: Bloed is die kleur van ivoor (Tafelberg)
1998: Maar my magtig, Moesoek (Tafelberg)
1999: Perfectly Me (Cambridge University Press)
(Die Storielyn van hierdie boek is in 2001 gekombineer met 'n ander storielyn en vertaal in
1999: Vonkfiksie (Human & Rousseau) - twee bydraes
2000: Die Balkieboek (Human & Rousseau)
2000: Babelela (LAPA)
2000: Anderekantland (Koninklijk Instituut voor de Tropen)
2001: In die tyd van die Esob - 'n Gids (Tafelberg)
2001: Lisa het 'n plan (LAPA)
2002: Babelela (LAPA)
(in Sepedi)
2003: Eendag was daar ‘n storie! - ‘n Praktiese Storiemaakkursus (Tafelberg)
2003: Ek is Simon (Tafelberg)
: I am Simon (Tafelberg)
2003:
Skilpad sonder ‘n dop (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige Uitgewers)
Tortoise without a head
Die eensame draak (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige Uitgewers)
The Lonely Dragon
Daar’s ‘n spook in my kas
(Nasou-Via Afrika Opvoedkundige Uitgewers)
My Cupboard is Haunted
(Laasgenoemde is n verwerking van
Daar’s ‘n spook in my kas
wat in 1994 by Human & Rousseau verskyn het, en tans uit druk
is.)
Bogenoemde drie titels verskyn as sg. “Big Books” vir gebruik in
skole: Graad 1, 2 en
3. Van elke titel is ook “Small Books”
beskikbaar.
2003: Jamie en Sebastiaan (LAPA)
2004: Balkie en die Kleurdief (Human & Rousseau)
2004: Die Hart van Zeebak (Tafelberg)
2004: Diep, diep in ‘n donker bos (LAPA)
2004: Afrika Vertel (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige Uitgewers)
2004/2005: Balkie en die son se slaapplek (Best Books)
‘n Lees-, Leer- en Taalreis. (Graad 4)
Balkie and the Sun’s Resting Place (Best Books)
Reading, Learning and Enjoying Language (Grade 4)
Balkie en die woeste virus (Best Books)
‘n Lees-, Leer- en Taalreis. (Graad 5)
Balkie and the Vicious Virus (Best Books)
Reading, Learning and Enjoying Language (Grade 5)
Balkie en die lugrowers (Best Books)
‘n Lees-, Leer- en Taalreis. (Graad 6)
Balkie and the Pirates of the Sky (Best Books)
Reading, Learning and Enjoying Language (Grade 6)
2007: Jy en die dinosourus (LAPA)
2007: Jy en Hercules (LAPA)
2007: Jy en Toetenkat (LAPA)
2008: Jamie en Sebastiaan en die storiemol (LAPA) saam met Martie Kruger
2008: Lisa het 'n plan (LAPA) (Heruitgawe)
STORIES EN SKETSE
Verskeie kortverhale en artikels vir tydskrifte asook sketse vir radio.
TV-DRAAIBOEKE
3-UP: Program vir kinders 3-8; 26 programme, uitgesaai op e-TV van Februarie tot Julie 1999. -
Draaiboeke vir gedeelte van die programme asook die "skakels".
Thysie Kwadraat: Volwasse drama vir SABC2.
A Child of Africa: (werkstitel) Kinderreeks in 13 episodes in opdrag van Sonneblom Films.
GEREELDE KINDERSTORIES IN TYDSKRIFTE
Maandelikse kinderstorie (Balkie) in rooirose (Januarie 1993 - Desember 2005)
Weeklikse kinderstorie (Jamie en … Sebastiaan) in vrouekeur (vanaf April 2000 - 2004)
Maandelikse storie (Kanja die Derde) in rooirose (vanaf Januarie 2006 - April 2008)
saam met Martie Kruger en Heidi Fivaz (illustrasies)
TOEKENNINGS
1986: Die groot slang en die ongehoorsame kind. 'n Toneelstuk
gebaseer op 'n Tsonga-legende (gepubliseer in Van die banke op die planke: 1994)
Sebokeng Onderwyskollege, Vanderbijlpark wen met die opvoering van hierdie toneelstuk
die ATKV se ATO'86 kompetisie (Afrikaanse Toneel vir Onderwyskolleges)
1989: Moditjhaba (in Engels) (ongepubliseer) deur Via Afrika- uitgewers bekroon as die beste
oorspronklike toneelstuk op die Interkollege-Dramafees te Vanderbijlpark
1994: Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur vir Anderkantland
1996: ATKV-kinderboektoekenning (1994) vir Daar's 'n spook in my kas
1996: ATKV-kinderboektoekenning (1994) vir Jy en Toetenkat
1996: C.P. Hoogenhout-medalje vir Anderkantland
1996: Sanlamprys vir Jeuglektuur vir In die tyd van die Esob
1998: In die tyd van die Esob word verkies vir die Ererol van IBBY (International Board on
Books for Young People) en teenwoordig Suid-Afrika by 'n Internasionale Simposium vir
Jeugboeke in Indië
1999: Naaswenner in Vonkfiksiekompetisie van DE KAT/ Human &
Rousseau
2001: Alba Bouwerprys vir Kinderlektuur vir Die Balkieboek
2002: ATKV- kinderboektoekenning (2000) vir Die Balkieboek
2003: Tienie Holloway Medalje vir Kleuterliteratuur vir Babalela en Lisa het ‘n plan.
2004: M.E.R Prys vir Kinderliteratuur vir Ek is Simon
2006: Tienie Holloway Medalje vir Kleuterliteratuur vir
Diep, diep in 'n donker bos

PERSONAL: SUMMARY
I was born in Potchefstroom and grew up there – at least, my body did, because one’s soul/mind or whatever makes one totally unique floats around everywhere, through all the books you have read, through all the places you have been and not been, and it is touched by all the people you meet and missed and met and kept, and it is changed by all the things you do and by what you don’t do.
I studied languages and obtained a BA-Degree and a Teaching Diploma from the University of Potchefstroom, after which I taught (mainly Latin) for three years. I was married, had three children (born: 1974, 1976 and 1978), and was divorced. But as it happens sometimes, what looked like a sad occurrence happily changed into an exciting new pathway. I started writing at the age of more or less forty. I had always wanted to write but was too scared to try. But first I studied Psychology, wanting to become a Psychologist – because maybe I was crazy to think that I could write and actually make a living from writing?
My children and grandchildren are an overwhelming joy to me. St Augustine said that love is like a stone, because it keeps you on the ground. I think children are like stones! They keep you connected to the earth, and join you to life itself. That is also one of the reasons why I have mainly written for children and still do. Children are still connected to life. They are not in places where they think they should be, but they still know that we all have wings too. We are earthbound, but infinite, I think.
I have written a wide assortment of stuff. Most has been published, but I also have a drawer full of those writings that I have no clue what to do with but do not want to let go either.
Curriculum vitae? The course of a life? From the Latin “to run”. Do we run through life (or journey?) and are the books we write mainly travel journals to tell of places we have visited in our imaginations? And do we share this with other co-travellers? I think so.
EDUCATION
1966: Matriculated: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom
1969: BA: Potchefstroom University: English III (cum laude)
Latin III (cum laude)
1970: University Education Diploma: Potchefstroom University (cum laude)
1988-1990:
Psychology I, II and III: UNISA (cum laude)
1991:
Psychology Honours: Rand Afrikaans University (cum laude)
TEACHING EXPERIENCE
1971-1972: English and Latin - Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom
1973: English and Latin - Hoërskool Fakkel, Johannesburg
1974: English - Hoërskool Randburg
Private English and Latin classes.
WRITING COURSES
Correspondence Writing Course
I conceptualised a writing course for aspirant writers in February 2000. The course cantered on the making of a story nucleus which can be adapted to fit the requirements of whichever genre the student aspires to attempt, e.g. picture books, youth novels, TV scripts or magazine stories.
This Correspondence Writing Course (via e-mail, fax or snail mail) consisted of various modules, which the students could complete at their own pace. Personal feedback and encouragement were given at the completion of assignments.
It was extremely practical and aimed to get and to keep someone in front of the word processor. The course also provided an opportunity for self-development as well as for the exploration of the therapeutic value of creative writing.
One or Two Day Workshops on the Making of a Story Nucleus
From 2000 to 2004, I presented several personal and interactive workshops on the making of a story nucleus for Afrikaans and English aspirant writers over the whole of South Africa. These workshops concentrated on the essence of the contents of the Correspondence Course, namely that the writer is the source of his/her own stories, thus it also provided ample opportunity for the acquiring of self-knowledge and the exploration of the therapeutic value of creative writing.
The people who did the course and attended the workshops were overwhelmingly positive about the effect it had on them and on their writing.
Because of my own ever-increasing writing output, I decided to terminate the Internet Writing Course in 2001.
My experiences as a writer and presenter of writing workshops culminated in the publication of Eendag was daar ‘n storie – ‘n praktiese storiemaakkursus (Tafelberg 2003) (One day there was a Story – A Practical Story-Making Guide)
TRANSLATIONS
1998:
Translated the GRAFFIX Series (3 books) for Human &
Rousseau Publishers. (From English into Afrikaans)
OUTCOMES-BASED STUDY GUIDES
2001:
The compilation and rewriting of adult study material for career promotional purposes (The Learning Network)
PUBLICATIONS
1990:
Die wind sal weet (Tafelberg) (four stories)
1992:
Jy en die draakakkedis (J.L. van Schaik)
1992: You and the Dinosaur (J.L. van Schaik)
1993: Jy en Hercules (J.L. van Schaik)
1994:
The Friendly Elephant (Hodder & Stoughton)
1994:
Daar's 'n spook in my kas (Human & Rousseau)
1994:
Nicola B. - Streng Privaat (Tafelberg)
1994:
Jy en Toetenkat (J.L. van Schaik)
1994:
Anderkantland (Tafelberg)
1994:
Van die banke op die planke (Kagiso)
1995: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen (Human & Rousseau)
1996: Tersia Thom 1- Vriend of Vyand (Tafelberg)
1996: Tersia Thom 2- Die Donkerhoek-Driehoek (Tafelberg)
1996:
Tersia Thom 3- Skerwe in drome (Tafelberg)
1996:
My naam is Alexander en wat daarvan? (Kagiso)
1996:
In die tyd van die Esob (Tafelberg)
1997:
Op die spoor van die Leseavanger (Juta)
1997: Droomvangers (Human & Rousseau)
1998:
Tersia Thom 4 - Bloed is die kleur van ivoor (Tafelberg)
1998:
Maar my magtig, Moesoek (Tafelberg)
1999: Perfectly Me (Cambridge University Press)
The storyline was combined with another story in 2002 and translated into
several Zambian languages to be used in schools.
1999: Vonkfiksie (Human & Rousseau) (Two stories)
2000: Die Balkieboek (Human & Rousseau)
2000:
Babelela (LAPA)
2000:
Anderekantland (Koninklijk Instituut voor de Tropen)
2001: In die tyd van die Esob – ’n Gids (Tafelberg)
2001:
Lisa het 'n plan (LAPA)
2002: Babelela (LAPA)
(Sepedi)
2003: Ek is Simon (Tafelberg)
2003: I am Simon (Tafelberg)
2003: Eendag was daar ‘n storie – ‘n praktiese storiemaakkursus (Tafelberg)
2003: Tortoise without a head (Nasou-Via Afrika
Educational Publishers)
The Lonely Dragon
My Cupboard is Haunted
These three titles have been published as full-colour Big Books as well as Small Books for
Grade 1-3.They are also available in Afrikaans as:
Skilpad sonder ‘n dop
Die eensame draak
Daar’s ‘n spook in my kas (The original story, published by Human & Rousseau in
1994, has been adapted to 16 pages)
2003: Jamie en Sebastiaan (LAPA)
2004: Balkie en die Kleurdief (Human & Rousseau)
2004: Die Hart van Zeebak (Tafelberg)
2004: Diep, diep in ‘n donker bos (LAPA)
.
2004: Afrika Vertel (Nasou-Via Afrika Educational Publishers)
2004/2005: Balkie en die son se slaapplek (Best Books)
‘n Lees-, Leer- en Taalreis. (Graad 4)
Balkie and the Sun’s Resting Place (Best Books)
Reading, Learning and Enjoying Language (Grade 4)
Balkie en die woeste virus (Best Books)
‘n Lees-, Leer- en Taalreis. (Graad 5)
Balkie and the Vicious Virus (Best Books)
Reading, Learning and Enjoying Language (Grade 5)
Balkie en die lugrowers (Best Books)
‘n Lees-, Leer- en
Taalreis. (Graad 6)
Balkie and the Pirates of the Sky (Best Books)
Reading, Learning and Enjoying Language (Grade 6)
2007: Jy en die dinosourus (LAPA)
2007: Jy en Hercules (LAPA)
2007: Jy en Toetenkat (LAPA)
2008: Jamie en Sebastiaan en die storiemol (LAPA) co-written with Martie Kruger
2008:
Lisa het 'n plan (LAPA)
SHORT STORIES AND ESSAYS
Various stories and essays for radio and magazines.
TV SCRIPTS
3-UP: Children's programmes (26 episodes) for e-TV: Broadcast from February to June 1999. (Scriptwriter for part of the programme as well as the "links".)
Thysie Kwadraat: Adult drama written for SABC2
A Child of Africa: 13-part children's series written for
Sonneblom Films (working title)
REGULAR CHILDREN’S STORIES IN MAGAZINES
Monthly children's story (Balkie) in rooirose (January 1993 - December 2005)
Weekly children's story (Jamie en … Sebastiaan)
in vrouekeur
(from April 2000 - 2004)
Monthly story (Kanja die Derde) in rooirose (January 2006 - April 2008) co-creators: Martie Kruger and Heidi Fivaz (illustrations)
AWARDS
1986: Die groot slang en die ongehoorsame kind: A play based on a Tsonga legend
(published in 1994 in Van die banke op die planke by Kagiso). Sebokeng Teacher's
College won the ATO'86 competition with this production.
1989: Moditjhaba (in English) (unpublished) This play won the award as the most original drama
at the Inter College Drama Festival in Vanderbijlpark.
1994:
Silver Sanlam Award for Youth Literature for Anderkantland
1996: ATKV Children’s Book Award for Daar's 'n spook in my kas
1996:
ATKV Children’s Book Award for Jy en Toetenkat
1996:
C.P. Hoogenhout Medal for Anderkantland
1996:
Sanlam Award for Youth Literature for In die tyd van die Esob
1998: In die tyd van die Esob is added to the Honours Role of IBBY (International Board on
Books for Young People and represents South Africa on an International Symposium in
India)
1999: Runner-up in competition for short fiction organised by De Kat magazine & Human &
Rousseau Publishers
2001:
Alba Bouwer Award for Children's Books for Die Balkieboek
2002: ATKV Children’s Book Award for Die Balkieboek (2000)
2003: Tienie Holloway Medal for Babalela and Lisa het ‘n plan
2004: M.E.R Award for Children’s Literature for Ek is Simon
2006: Tienie Holloway Medal for Diep, diep in 'n donker bos