| Tuis/ Home | Martie |
| Jamie& Sebastiaan | Boeke/ Books | Skryf? Hoe?/ Creative writing |
| Ens./Etc. |
| Boekplekke/ Book Places | Kanja die Derde |
POTCH/KINDERDAE/REIS/LEWENSSEISOENE/WIE IS JY?
(English Summary: journeys, growing up under oak trees, an alternative biography)
REIS
Einde 2003 het die Provinsie van Antwerpen, België, deur die bemiddeling van Dr. Thomas van der Walt van UNISA, vier jeugboekskrywers uitgenooi om tien dae as hulle gaste België te besoek. Marita van der Vyver, George Weideman, Leon de Villiers en ek het die voorreg gehad om die reis mee te maak. En wat 'n besondere en verrykende reis was dit nie. Nie alleen was België en wat hulle daar doen 'n belewenis nie, maar ook al die mense wat ons ontmoet het. En daarby kon mens perspektief kry ook op ons eie Suid-Afrika en wat ons hier vermag het. Ek was en is trots om deel te wees van 'n kinder- en jeugboekgemeenskap wat ook hier, aan die suidpunt van Afrika ons ding doen. Ons moes elkeen 'n kort CV skryf om wie ons is en waarvandaan ons kom toe te lig, asook 'n bibliografie van die jeugboeke wat ons geskryf het en 'n aanduiding waaroor elke boek gaan.
WIE IS EK/JY?
![]()
Wie is ons? Wie is ek? Wie is jy? Hoe sou mens jouself definieer?
ONS IS ALMAL ANDERS
Natuurlik is ons elkeen uniek. Daar is niemand anders presies soos ons nie.
ONS IS OOK ALMAL EENDERS
Ons is ook almal mense met basies dieselfde liggame, voorkoms (twee oë, ore ens ens) Ons het almal 'n intellek, emosies ens ens.
WEET JY WIE JY IS?
Sommige sal sê: ja. Ander sal sê: Is dit nodig om te weet wie jy is? Nee. Want ons is elkeen uniek. Daar is baie maniere om meer uit te vind van jouself en ander. Is een manier beter as 'n ander? Moet mens dit doen? Nee. Dis elkeen se eie keuse, want ons is elkeen uniek. Dit hang af of iets tot jou spreek, of nie.
Ons bevind ons almal in spesifieke situasie. Party mense is gelukkig. Ander nie. Moet ons iets doen aan ongelukkige situasies? As mens wil. Weer eens. Keuses. Kan mens iets doen aan 'n situasie waarvan jy byvoorbeeld nie hou nie? Party sal sê: ja. Ander sal kla en sê: Nee.
Party sal ander blameer vir hulle situasie. Ander sal weer anders dink.
En so kan mens aangaan en aangaan.
Het dit enige nut om meer te weet van jouself en ander? Elkeen besluit self. Maar as mens wil stories skryf, is dit baie interessant om uit te vind van jouself en ander mense, want karakters is mos ook mense. Dit is interessant. Vir party. Ander sal weer sê dis onnodig.
Ons is almal uniek. Tog is daar karaktertipes waarin ons (op 'n manier) val volgens die Sielkunde en ander benaderings. Pas ons in "bokse"? Ek dink nie so nie. Ander dink dalk wel so. Ander dink daar is nie bokse nie. Ander sien alles anders. Ek dink as jy nie weet jy is in 'n boks nie, kan jy nie daaruit kom nie. Ander dink anders, want ons is almal uniek.
ONDERSTAANDE AANHALINGS:
Hierdie aanhalings het tot my gespreek. Asook dié onder Aanhalings Miskien spreek hulle tot jou ook. Miskien nie. Dis hoe ons leef. Sommiges hou van sekere dinge. Ander weer van ander. Ons is eenders en anders. Skryf kan gesien word as 'n manier om sin te gee aan jou lewe. Ander sal dit anders definieer.
Once upon a time six blind people from Hindustan examined an elephant to satisfy their curiosity about what it was. Alpha, touching its body, thought it a wall; Beta, touching its tusk, thought it a spear; Delta, touching its trunk, thought it a snake; Gamma, touching its leg, thought it a tree; Terry, touching its ear, thought it a fan; and Tim, examining its tail, thought it a rope. Bryan Kolb en Ian Q. Whishaw in Fundamentals of Human Neuropsychology
There are many ways to die, and not all of them have to do with extinction. A lot of them have to do with living. Living many lies. Living without asking questions. Living in the cave of your own prejudices..
Ben Okri in A Way of Being Free
I was taught harshly, once and for all, the lesson of No Escape. I no longer want to be anything except what who I am. Who what am I? My answer: I am the sum total of everything that went before me, of all I have been seen done, of everything done-to-me, I am everyone everything whose being-in-the-world affected was affected by mine. I am anything that happens after I've gone which would not have happened if I had not come. Nor am I particularly exceptional in this matter; each “I”, every one of the now-six-hundred-million-plus of us, contains a similar multitude. I repeat for the last time: to understand me, you'll have to swallow a world.
Salman Rushdie in Midnight's Children
We live by stories, we also live in them. One way or another we are living the stories planted in us early or along the way, or are also living the stories we planted – knowingly or unknowingly – in ourselves. We live stories that either give our lives meaning or negate it with meaninglessness. If we change the stories we live by, quite possibly we change our lives.
Ben Okri in A Way of Being Free
STORIES
As skrywer dink ek stories is baie belangrik. Natuurlik. Ek is 'n skrywer. Miskien is dit vir ander nie van belang nie. Ons is eenders en anders. Ek dink ons het almal stories. Ons lewens is stories. Ons persoonlike stories, soos ons dit beleef. Dis net ons s'n. En as mens jou persoonlike stories omskep in universele stories, stories wat baie mense "raak", dan word dit almal se stories. Stories is die universele "taal" wat alle mense "verstaan."
WIE IS EK? WAARVANDAAN KOM EK?
Hier is wat ek geskryf het soos dit versoek is deur die organiseerders van ons besoek aan België.
Martie Preller
Ek is gebore in Potchefstroom (2 Nov. 1948) in die noordweste van Suid-Afrika. Potch is ‘n groterige dorp en een van die Tersiëre Opvoedkundige kernpunte met ‘n Universiteit en ‘n Onderwyskollege. Hoëveld en meestal mielielande rondom die dorp. Ysig en witgeryp in die winter en hetig warm in die somer. Potch is ook bekend vir sy lang laning akkerbome. Ek het onder die akkerbome grootgeword en op my fiets, op pad biblioteek toe, swembad toe en ja, natuurlik, skool toe ook! Die seisoenale verkleuring van die akkerblare, dink ek, is vir ewig ingeprint in my siel. Ek dink ons leef in lewensseisoene.
Die blare wat verkleur het van liggroen tot groen tot donkergroen tot geelgroen tot bros en bruin en dan krakerig onder my voete gekrummel het en kompos geword het vir nuwe groei en nuwe liggroen blare, was van kleins af die organiese sirkelloop van die lewe vir my. Nie dat ek dit toe geweet het. Ek het dit nie geweet dat ek dit kon sê nie, want toe het ek nie woorde gehad nie. Skryf is vir my die soek na woorde en stories wat iets vertel van ons belewenis as mense. En ek kan nie soek nie, want ek weet nie waar om te soek nie, maar as ek soek, dan kry hulle my. Stories is vir my reisverhale. Van binne-reise. Plekke wat alle mense met mekaar deel en kan herken. En dit is hoekom stories met gemak oor grense trek.
Ek het BA-tale en ‘n Onderwysdiploma op Potch studeer. ‘n Paar jaar skoolgehou (Latyn en Engels) en is intussen getroud. Ons het verhuis Johannesburg toe en het drie kinders wat my grootste vreugde is. Na sestien jaar is ons geskei en na ek Sielkunde deeltyds bestudeer het en my Honneursgraad daarin behaal het, het ek begin verstaan dat ons ons paaie loop soos ons moet, want ek het ‘n baldadige hartpad begin loop toe die woorde en stories my gekry het en ek begin skryf het.
Daarna is ek is vryskutskrywer en het boeke vir kinders van alle ouderdomme geskryf, asook gereelde kinderstories in twee tydskrifte, TV-draaiboeke en ek het ‘n Internetskryfkursus gekonseptualiseer en aangebied asook Storiemaak-werkswinkels. Ek het tien Kinder- en Jeugboektoekennings gekry vir van my boeke sedert my eerste boek in 1992 gepubliseer is.
Ek het meestal in Johannesburg gebly, behalwe ‘n kort seisoen van sewe maande in Sandbaai (1998) en ‘n langer seisoen van drie jaar in Gordonsbaai, (2000-2003) by die see.
Bibliografie (Jeugboeke):
Nicola B – Streng Privaat (Tafelberg, 1994), die begin van vriendskap oor die “kleurgrens”, avontuur
Anderkantland (Tafelberg, 1994), fantasie, magteloosheid, betowering van stories [ Anderekantland (Koninklijk Instituut voor de Tropen, 2000)]
My naam is Alexander en wat daarvan? (Kagiso, 1996), alleen en kwaai kinders, interaksie met ander, avontuur.
In die tyd van die Esob (Tafelberg, 1996), wetenskapsfiksie, soeke na die self.
Droomvangers (Human & Rousseau, 1997), verwesenliking van drome
Maar my magtig, Moesoek (Tafelberg, 1998), vriendskap, onvermoë om ander te verstaan
Die hart van Zeebak (Tafelberg, 2004), keuses, liefde, verwerking van skuld
Terug na/Back to