Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc. 

Skryfsels/ Diverse Writings

 

Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde
 

terug na boeke/back to books

Prenteboeke/Picture Books

Kinderboeke/Children's Books

Jeugboeke/Youth Novels

 

Jeugboeke/Youth Novels

ANDERKANTLAND  

PRYSWENNER: Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur  (1994)

                       C.P. Hoogenhout-medalje (1996)

(1994: TAFELBERG)

AANHALING UIT DIE BOEK/QUOTE FROM THE BOOK


Of skakel ON THE DOT (posbestellings) 0800220224 (tolvry)

 In Nederlands vertaal as ANDEREKANTLAND (2000, Koninklijk Instituut voor de Tropen) 

If you cannot understand Afrikaans, and want to read the book, you can contact me as I have translated the book myself as Just Amy. 

FLAPTEKS

Die hele storie het begin toe ek een middag na skool in die bos gaan loop het. Ek wou gaan dink. Die enigste plek waar ek dit kan doen, is by my sitplek langs die rivier. Wanneer ek daar sit, voel ek soos 'n koningin, totaal in beheer van alles, van my koninkryk, die bos.

Terwyl ek my treë rek om so gou as moontlik by my sitplek te kom, kom daar van agter 'n boom, reg voor my 'n wolfhond te voorskyn. Ek steek heel verbaas vas. Ons het nie 'n wolfhond op die plaas nie en hy lyk beslis nie na 'n rondloperhond nie. "Siebie, siebie, siebie," roep ek, nes my pa altyd die honde roep, en ek steek my hand uit.

Met donker, donker oë kyk hy my aan, maak sy bek oop en sê: "Wie's jou siebie?"

Op dié noot begin 'n wonderbaarlike (en skreeusnaakse!) verhaal oor 'n doodgewone meisiekind wat op 'n doodgewone middag in die bos op haar pa se plaas gaan stap …. en haar dan skielik en totaal onverklaarbaar in 'n baie, baie anderster soort bos bevind.