Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc. 

Skryfsels/ Diverse Writings

 

Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde

terug na boeke/back to booksPrenteboeke/Picture Books

Kinderboeke/Children's Books

Jeugboeke/Youth Novels

 

 

Kinderboeke/Children's Books 

'n HAAS MOET DOEN WAT 'n HAAS MOET DOEN

(1995: HUMAN & ROUSSEAU)

AANHALING UIT DIE BOEK/QUOTE FROM THE BOOK

Of skakel ON THE DOT (posbestellings) 0800220224 (tolvry)

FLAPTEKS

Vir baie jare daarna het die mense nog gegons oor wat presies gebeur het. Gerda was op die voorblad van al wat 'n koerant en 'n tydskrif was. Verslaggewers het tougestaan om 'n persoonlike ondehoud met haar te kry. Sy was beroemd! Selfs die oorsese koerante het die vreemde verhaal vertel. Die naam Gerda Marais was op almal se lippe.

En dit het alles begin daardie oggend... daardie Donderdagoggend...

Gerda Marais was 'n doodgewone kind wat haar vaalbruin hare in twee boksterte gedra het. Sy was nie besonder mooi of slim nie. Sy was nie besonder goed in sport nie en kon nie bolmakiesie slaan soos die meeste ander kinders in haar klas nie. Sy het 'n paar goeie maats gehad met wie sy pouses en smiddae gesels en gekuier het.

En sy kon nie wortels verdra nie. Dit het nie saakgemaak wat haar ma gedoen het nie, sy het geweier om wortels te eet. Sy het net gesê: "Wortels maak my naar," en dit was dit.

Dit moet in die nag gebeur het, maar toe Gerda wakker geword het, het sy nog geen onraad vermoed nie...