Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc. 

Skryfsels/ Diverse Writings

 

Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde
                               

SKRYF? HOE?/CREATIVE WRITING 

The term creative writing means imaginative writing, or writing as an art. The primary concern of creative writing is not with factual information or with the more routine forms of communication . It does, however, use many of the same skills.

A novel, for example, may contain much sociological, political, or psychological information. Scholars may study it for that information, as Sigmund Freud studied literature for accounts of dreams and emotional states. No true novel, however, is written to communicate facts. Like other forms of creative writing it attempts to produce in its reader the pleasure of an aesthetic experience. It tries to uncover form and meaning in the turmoil of love, hate, violence, tedium, habit, and brute fact through which people flounder from day to day.

The novelist and short-story writer John Cheever, when asked why he wrote, did not say, “To show how the upper middle class lives in Connecticut.” He said, “To try to make sense out of my life.” Whether it takes the form of poem, short story, novel, play, personal essay, or even biography or history, creative writing is certain to involve some search for meaning, a measure of wonder and discovery, and a degree of personal involvement in the result.

Encyclopædia Britannica 2004 Children's Edition 

 

                    INLIGTING VIR VOORNEMENDE SKRYWERS

                        (English Summary: Information for aspirant writers) 


Ek kry dikwels navrae van voornemende skrywers. Hier is alle advies/raad/inligting waaraan ek kan dink

  • manuskripte en werkswinkels

Ek lees nie manuskripte nie. Het ongelukkig nie tyd nie. Dalk is daar persone wat dit doen. Ek weet nie. Die beste is myns insiens om jou manuskrip, na jy alles moontlik daaraan gedoen het, vir 'n uitgewer te stuur en te sien wat is hulle kommentaar. Hulle opinie is op slot van sake die opinie wat saak maak, want hulle moet dit uitgee. 

Ek bied ook nie meer werkswinkels nie. Kyk op die Internet of in koerante ens. vir werkswinkels wat geadverteer word indien jy een wil bywoon.

  • net een uitgewer op 'n slag 

Stuur jou manuskrip na die uitgewer van jou keuse en wag vir 'n antwoord. Eers indien dit afgewys word, kan jy 'n ander uitgewer probeer. 

  • uitgewers

Uitgewers is besige mense en ontvang pakke en pakke manuskripte. Wees geduldig. Gewoonlik kry mens 'n erkenning -van- ontvangs - briefie van hulle. Indien daar maande verbygegaan het waarin jy niks gehoor het nie, doen navraag. 

  • watter uitgewer? 

Adresse en telefoonnommers en webwerwe kan maklik opgespoor word. 

Kyk ook watter uitgewer die soort boeke uitgee wat jy wil skryf. Doen met ander woorde navorsing, op die Internet, in Biblioteke en Boekwinkels en oor die telefoon. 

  • hoe moet manuskripte lyk? 

Sommige uitgewers gee aanduidings. Vind uit. 

Geen illustrasies word gewoonlik verlang nie. Slegs die teks. Die teks moet die storie vertel. Illustrasies word deur uitgewers bygevoeg indien hulle die teks aanvaar.

Skryf 'n begeleidende brief met jou kontakbesonderhede. Kortliks. 

Hou 'n kopie van jou teks. 

  • 'n paar algemene riglyne
  1. Dit gaan vir skrywers (meestal/dikwels/vir my in alle geval) oor die vreugde om 'n storie te maak. Die moontlikhede van publikasie kom later. Geniet dus wat jy doen! 
  2. Gaan lees ander boeke van die genre wat jy wil skryf en kyk waarvan hou jy en waarvan hou jy nie. Maak vir jouself lysies/opsommings. Nie om na te skryf nie, natuurlik nie, maar net om te sien wat alreeds gedoen is. 
  3. Skryf in een sin waaroor jou storie gaan. 
  4. Hou alles in jou storie verband met mekaar? Stories is gewoonlik koherent en helder. 
  5. Toets jou storie uit op 'n iemand van die groep vir wie jy skryf. Onthou jou kinders/kleinkinders /familie/vriende sal  dalk ordentlik wees en nie eerlik nie. Of kinders mag dalk die aandag geniet en nie noodwendig die storie nie! 
  6. Is al jou karakters funksioneel? Is daar 'n "rede" hoekom hulle in die storie is? 
  7. Vra aanmekaar vir jouself: Waaroor gaan die storie?
  8. Wat is die definisie van 'n goeie storie? Maak jou eie op grond van die stories waarvan jy hou. Voldoen jou storie aan jou eie definisie?
  9. Baie min stories, indien enige, is met die eerste skryf al soos dit moet wees. Herskryf totdat dit "voel" soos die storie wat jy wil skryf. 
  10. Voldoen jou storie aan die basiese elemente van 'n storie: is daar spanning? gebeur daar iets? hoe lyk jou milieu? ens. 
  11. Karakters jaag gewoonlik nonsens aan. Dit maak vir 'n lekker storie. Waar kry mens sulke karakters?  Hulle is orals, ook in die spieël! Kyk  hier vir verskillende soorte persoonlikhede en wat hulle doen. 
  12. Om oortuigende karakters te skep, vereis gewoonlik 'n bepaalde "insig" in mense se doen en late (en jou eie!). Lees oor mense. Vind uit! Ontdek! Gaan op 'n reis in jou kop! Karakters "leef" met jou energie. En natuurlik sal hulle iets van jou in hê. Maar ook nie. Want karakters is mense in eie reg. Lees hier oor die moontlike verband tussen 'n storie en die lewe van 'n skrywer.
  13. Skryf, skryf, skryf. Skryf is 'n "ambag" - hoe meer jy dit doen hoe meer vloeiend word dit. Skryf wat jy dink, wat jy voel, skryf 'n dagboek, 'n joernaal, op 'n blog site. Skryf oor onderwerpe wat vir jou van belang is, waaroor jy sterk voel. 
  14. Kry mense wat ook hou van skryf en skryf vir mekaar. 
  15. Soek altyd na nuwe woorde, nuwe maniere om iets te sê wat gesê wil word. Speel met woorde. Draai hulle om. Draai die woordorde om en kyk of dit 'n verskil aan die betekenis maak. 
  16. As jy skryf, maak jy "prentjies" van die dinge wat in die storie gebeur met woorde. Kan jy in jou kop (verbeelding) sien wat gebeur asof dit werklik voor jou afspeel? Jy moet dit kan sien om dit so te beskryf dat iemand anders ('n leser) dit OOK kan sien. 
  17. Vat enige woord in 'n woordeboek en skryf 'n paragraaf daaroor. Waaraan laat daardie woord jou dink? Enige woord kan die begin van 'n storie wees. Torring aan woorde. Speel met hulle. Laat toe dat hulle met jou speel! 
  18. Mens skryf eerstens vir jouself, daarna ook vir iemand anders. En dalk eendag ... vir baie, baie mense. Skryf vir JOUSELF 'n storie. 'n Storie wat jy graag wil hoor! 

  meer inligting en dinge wat verband hou met skryf asook nog skryfwenke op my webwerf: 

daar is ook skryfwenke op: http://www.storiewerf.co.za

Alles van die beste!