Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc. 

Skryfsels/ Diverse Writings

 

Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde

                                                TYD

Ons sê: Tyd is geld. Maar Tyd is ook liefde. Tyd wat verby is, is verby. Dit kom nie weer nie.

Die volgende aanhaling kom uit  Momo  van Michael Ende. Dis een van die klassieke en bekroonde kinderverhale. In die verhaal kom die Grys Menere en hulle moedig almal aan om tyd te spaar en kamstig in hulle bank te sit waar dit dan nou glo sou rente trek en later uitbetaal word. En almal val daarvoor, behalwe die klein dogtertjie Momo, wat op haar manier weerstand bied.

Dit lyk asof niemand agterkom dat hy, terwyl hy tyd spaar, in werklikheid heeltemal iets anders spaar nie. Niemand wil erken dat sy lewe al hoe armer, al hoe eentoniger en al hoe kouer word nie.

Tog voel die kinders dit duidelik, want ook vir hulle het niemand meer tyd nie.

Maar tyd is lewe. En die lewe woon in die hart.

En hoe meer die mense daarvan spaar, hoe minder het hulle.”

 

Terug na/Back to 

Skryfsels/Diverse Writings