Tuis/
Home
Martie

Balkie

 

Babalela

 

Jamie&
Sebastiaan
Boeke/
Books
Skryf? Hoe?/
 Creative writing
 

Eendag was daar .

 

Ens./Etc. 

Skryfsels/ Diverse Writings

 

Boekplekke/
Book Places
Kanja die Derde

LEES  

Letters beteken niks op hulle eie nie. Dis net voorstellings van klanke.  

As die letters saamgesit word, maak hulle woorde.

Wanneer ‘n kind leer lees, leer hy/sy om die letters te herken en hoe hulle saamgebruik kan word om woorde te maak.

‘n Woord is ‘n letter”prentjie”.

Woorde het betekenis. 

Woorde wat saamgesit word, maak sinne.

Sinne het betekenis.

Sinne wat saamgesit word, maak paragrawe. 

Paragrawe maak bladsye vol.

‘n Kind wat kan lees, kan stories lees.

Stories is deure na ander wêrelde, ander mense, ander situasies, ander gebeure.

Wanneer ‘n kind lees van ander wêrelde, ontdek hy homself en sy eie wêreld, op ander maniere as ‘n kind wat nie lees nie.

Deur ‘n kind te leer om te lees en hom bloot te stel aan soveel stories as moontlik, is een van die grootste geskenke wat jy hom ooit kan gee.

Watter ander geskenk maak deure oop na eindelose moontlikhede om ‘n lewe wat betekenis het te leef?  

Martie Preller 2006 

SUCCEEDING IN THE FUTURE WORKPLACE 

Terug na/Back to 

Skryfsels/Diverse Writings