| Tuis/ Home | Martie |
| Jamie& Sebastiaan | Boeke/ Books | Skryf? Hoe?/ Creative writing |
| Ens./Etc. |
| Boekplekke/ Book Places | Kanja die Derde |
DIE BALKIE DOSIERWIE IS BALKIE? -

AANKOMS:
In Januarie 1993 het drie kinders, by name, Isak, Bert en Karien, die Balkie onder ‘n hoop blare gevind op hulle kleinhoewe naby Johannesburg, Suid-Afrika. Die Balkie was reeds in staat om vlot te kommunikeer en met redelike gemak te beweeg – dit was dus duidelik dat hy nie ‘n baba-balkie was nie. Presies hoe oud hy
is, kon egter nog nie vasgestel word nie. Hyself het slegs herinneringe van die oomblik dat hy onder die blare gevind is. Moontlik kan verdere geslagte vordering maak met die speurtog na die Balkie se oorsprong..Aangesien alles wat met mense en hulle gewoontes te make het, blykbaar vir die Balkie vreemd
is, word daar bespiegel dat hy a) nie van die aarde is is nie of b) wel van die aarde is, maar dalk van ‘n vroeëre of latere tydperk of c) dalk in ‘n ander dimensie bestaan. So ver vasgestel kon word, is hy enig in sy soort. Daar is nog nooit enige ander Balkies gevind nie.HABITAT:
Die Balkie het, sedert hy gevind is, by die pa en die ma en Isak, Bert en Karien op die bogemelde kleinhoewe naby Johannesburg, Suid-Afrika gebly. Hy
funksioneer soos ‘n mede-kind in die huis.
KARAKTER:
Die Balkie
is duidelik hoogsintelligent, alhoewel hy soms as naief manifesteer, waarskynlik omdat alles rondom hom in die daaglikse lewe vir hom vreemd is. Hy het ‘n besonder fyn waarnemingsvermoë en beskik oor die kapasiteit om vir homself te dink. Hy neem intens waar en luister wat die persone rondom hom doen en sê, maar kom altyd tot sy eie konklusies. Hy beskik oor onafhanklike denke. Hiermee hang ook saam dat die Balkie besonder nuuskierig is oor alles wat rondom hom aangaan en hy stel voortdurend ondersoek in en vra gereeld vrae..Daarby het hy duidelik ‘n baie lewendige verbeelding wat nie ingeperk k
an word deur die negatiewe terugvoer van ander nie.GEWOONTES:
Die Balkie
hou baie van speel en eet.. Hy hou nie van werk nie, maar as dit moet, sal hy die “werk” vir homself interessant maak. (Sy lewendige verbeelding is ‘n groot bate)BALKIE IN DIE MEDIA:
Die Balkie se belangstellings
is aangeteken en gedokumenteerd in verskeie media:
1) WEBWERWE:
a) http://www.storiewerf.co.za
Die Balkie het sedert 2000 reeds ‘n Balkiebladsy op hierdie werf waarop daar onder andere van die stories wat in die rooirose verskyn het deur die jare, gelees kan word.
b) http://www.martiepreller.co.za/balkie.htm
Sedert Balkie sy verskyning gemaak het, het hy sy stories aan Martie Preller vertel wat dit noukeurig en nes hy vertel het, neergeskryf het. Hy het ook slegs aan Elizabeth Pulles beduie presies hoe sy die prentjies moes teken.
2) TYDSKRIFTE: ROOIROSE
Sedert 1993 is sy stories eers twee-weekliks en later maandeliks gepubliseer in die Rooirose tot en met sy vertrek in Desember 2005.
Van die onderwerpe wat deur die Balkie aangeroer in sy verslag van sy doen en late en belangstellings, was onder andere:
die verstommende feit dat ‘n eier altyd breek as hy daaraan vat, maar indien die ma die eiers hanteer, breek hulle nie, behalwe as sy hulle gebreek wil hê. Dit is ‘n sekere feit wat hy herhaaldelik oor en oor geverifieer het. Hy vermoed eiers het iets teen hom.
die bestaan van klein vreemde helikoptertjies in hulle tuin. Ander mense noem die klein helikoptertjies, naaldekokers.
die uitleg van mierpaadjies, waarmee hy altyd probeer behulpsaam wees.
3) BALKIEKORRESPONDENSIE.
Die Balkie het oor jare heen met derduisende kinders en volwassenes per slakkepos, e-pos en Balkiekoerante gekommunikeer. Sommige van die Balkiekoerante kan bestudeer word op die Balkie se
bladsy4) DIE NASIONALE LETTERKUNDIGE MUSEUM
‘n Portret van Balkie sowel as voorbeelde van die korrespondensie van begeesterde bewonderaars is opgeneem en te sien in die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein.
5) BALKIEBOEKE:
Die Balkieboek deur Balkie soos vertel aan Martie Preller. . (Human & Rousseau, 2000) (met die boek het die Balkie twee pryse verower naamlik die Alba Bouwerprys vir Kinderlektuur en die ATKV-Kinderboekprys)
Balkie en die Kleurdief (Human & Rousseau, 2004)
Balkie en die son se slaapplek (Best Books, 2004)
Balkie and the Sun’s Resting Place (Best Books, 2004)
Balkie en die woeste virus (Best Books, 2004)
Balkie and the Vicious Virus (Best Books, 2004)
Balkie en die lugrowers (Best Books, 2005)
Balkie and the Pirates of the Sky (Best Books, 2005)
Balkie- dramatekste word in veilige bewaring gehou by DALRO (Dramatic, Artistic and Literary Rights Organisation) (verwerkings van 2 stories uit Die Balkieboek)
Balkie en die Boontjierank
FISIEKE DIMENSIES en LYFLIKE BESONDERHEDE:
Lengte: 1.2 meter
Massa: 30.5 kilogram (dit varieer effens voor en na etes)
Vel: harige bruin na donkerbruin pels (wat orent staan as hy geskrik het en tydelik effens verbleik het indien hy BAIE groot geskrik het)
Oë: bruin
Neuslengte: 15 sentimeters (die Balkie was redelik sensitief oor die lengte van neus – waarskynlik omdat ANDER kommentare oor die lengte daarvan gehad het)
Vingers en Tone: die Balkie het 5 vingers gehad maar slegs 4 tone aan elke voet.
DIEET:
kos (met ‘n voorkeur aan koekies, vrugte en melk)